Blog | Studio | Inspire | Collaboration | Lifestyle & Design
Liefste Mams
Liefste Mams

Liefste Mams

|05.2017 – ‘n Brief aan Ma

EDITED : English version added at the bottom. xx

Mamma is die beste mamma, ek glo, wat my moes koester. Ek weet dit was nie maklik nie. Maar net om te begin daaraan dink, bring ‘n knop in my keel. Dit is moeilik om rustig te raak en te moet terug dink. Maar aan die ander kant, is daar ook so veel om aan te kan dink! ‘n Ou paragraaf opsomminkie gaan ‘n mors van tyd vir albei van ons wees. So word gemaklik. Kry ‘n glasie wyn en lees rustig verder.

Nou
Dankie. Dankie vir wat Ma al vir my gedoen het, nogsteeds doen en vir wat Ma vir my en my familie nog eendag gaan doen…
Ek is nou al eers twee-drie jr regtig in die “groot-mens wereld,” en van die tyd is dit noggals moeilik om kop bo water te hou. Moeilik – maar altyd doenbaar, danksy lesse wat ek die afgelope 25 1/2 jr deur Mams geleer het.
Dit is hartseer dat Ma ver bly, en dat ‘n besoek vooraf beplan moet word. En dit is sleg dat ons oproepe amper soos ‘n weekly report voorkom – omdat tyd beperk is. Tyd saam – het wel meer koslik geraak. En al is die afstand fisies daar, dra ek Ma se liefde by my elke dag.

If a job’s worth doing – it’s worth doing well
Werk hard vir wat jy wil he, en doen dit behoorlik goed!
Werk wat met jou geassosieer kan word moet van ‘n uitstekende gehalte wees, sodat die wat my ken baie trots daarop kan wees.
Om dinge behoorlik af te handel die eerste keer, spaar ook nuttige tyd om te spandeer op ander dinge.

Don’t put it down, put it away!
Bespaar tyd wat spandeer word op skoonmaak.

Wees altyd vriendelik
Almal het ietsie om te se, as jy gewillig is om te groet.

Pasop, jou naaste kan jou die seerste maak
Maar wie is hulle? Niks. Lewe is te kort om met kinderlike gemors mee deurmekaar te raak. Spandeer jou tyd met jouself, met wat jou gelukkig maak en inspireer, en saam met wie die beste jy uit jou uit bring.

Bly sterk
Die lewe is deurmekaar met mense wat lelik teenoor mekaar konstant optree. Wees jy die verskil!
Ek het nooit ingepas nie, en Ma het my laat verstaan dat dit glad nie ‘n probleem is nie. Hou aan met wat jy doen – want jy weet jy doen dit goed.

Toon respek
Elke person wie jy ontmoet, is geregtig tot jou respek. Maar as hulle nie hulself goed kan gedra nie, vedien hulle dit nie. Punt. Maak nie saak of hulle ouer of jonger is as jy nie. Die prinsiep bly dieselfde vir almal. Maar, dit bedoel nie wees lelik terug nie. Staan net jou man, en wees duidelik dat wie hul is as mens – beteken niks vir jou nie.

Wees die beter mens
Die skakel in met bogenoemde respek-onderwerp. Wanneer jou gedrag eerlik, eties en behulpsaam voorkom, gaan niemand leliks van jou kan se nie. Dit gaan wel hulle nie keer om te probeer nie… Dit is moeilik, Ja! Maar hulle beteken weereens niks vir jou nie. Hulle help jou nie groei nie. Verdra hulle met jou goeie hart en bly sterk. Bly jy die beter mens.

Wanneer jy lief het, doen dit behoorlik
En die is een van die seerste punte: die emosionele betrokkenheid in al die aspekte van lewe. Ek glo ek het die by ma geleer. En dis goed so! In alle opsigte! Dit moedig die eerlike geaardheid van ons persoonlikhede aan. Ons altwee het hard geleer om versigtig te wees, want dit kan ook die oorsaak wees van baie seer, en/of misverstand.
Aan die anderkant – kan dit die passie wat ons vir ons werk en geliefdes het, is onkwesbaar- ontelbaar. Dit maak ons uitskieters.

Geld koop nie geluk nie
Vriende en famielie, huise en meubels, almal vergaan. Maak seker jy verstaan van jongs af wat is belangrik vir jou, en waarna toe jy streef. He rigting.

Kyk na jouself
“Moenie in n slegte panty gevang word in n frats ongeluk nie. Jy wil glad nie so onthou word nie.”

Dit is jou reg om soms soos gemors te voel, en dan gemors te eet.
Solank jy dubbel so hard werk om die beste resultaat weer te kan kry. Prestasie bo enige gemiddeld.

Doen wat jy liefhet
Ma kon nie genoeg klem hierop plaas nie. Want wanneer druk ondraagbaar raak – kan mens maklik in depressive vergaan as jy nie die passie en dryf het wat saam met liefde kom nie. Mens moet so ook kan bepaal wat geld teenoor jou droom leefstyl ingemeen het. En hoe mens dit moet verander vir balans.

Dit is jou reg om rustig te kan wees

Kry n man wat vir jou as menswees liefhet- en jou uitdaag om die beste JY te wees.
…en nie jou geld nie!

Het styl!
Hang af wie kyk – maar ek glo ek en mamma is ‘classy’ dames. Wees altyd kenmerkend – sodat ander jou kan onthou. Styl in terme van klere, sowel as gedrag teenoor jou naaste en die wie jy die eerste keer ontmoet. <3 skoene en juwele en ligte grimering

Eet die stuk brood man!
Met lekker botter… Haha, Ma het my geleer om lekker kos te waardeer. En dit te geniet om te eet!

Leef in die ooomblik
Ons is so spontaan! LOVIT! Die energie, en glimlagte – Goed en sleg natuurlik! Mens moet net mooi kop hou soos jy elke gebeurtenis beleef met wat is van toepassing en wat nie.

Lewe was sover n TUIMELTRUIN
Maar war ons nou is – ek is baie lief vir mamma. Ons is al deur baie. Maak my skoon trots en motiveer my om harder en harder te werk. Om als te waardeer terwyl ek kan in elke oombik. Maar om ook te verstaan dat dit gaan nie altyd net goed gaan nie, en dat mens nederig deur die lewe moet stap. Want almal het moeilike tye. Waardeer wat jy het, vir die waarde wat dit behou.

Daar is net soveel invloed wat jy op ander sal he
As hulle nie self-initiatief kan gebruik nie, bly dit hulle probleem. Jy doen hulle n guns deur om te probeer help. Hulle moet verstaan jou tyd is kosbaar.

Geld groei nie op jou rug nie
Jy werk vrek hard vir dit.

Hee-Haah
By Revues, Hokkie/ netball/ sagteba wedstryde, Perd skouspring, Klavier konserte…

Laatnag koffie
Huiswerk projekte van Spookhuis bou uit bokse, watte,verf en lego tot A0 Tekeninge uitskets met komplekse informasie uitlegte.

Leer geleenthede
Ma het dit moontlik gemaak dat ek alles wat ek wou, kon probeer.
Jammerte een van die duurstes het ek behou (hehe – perdry) Maar tog, het die self vir my al baie dierbare lesse geleer.

Sports en skool opleidings geleenthede
En uni
Elke geleentheid om te kon groei in wie en wat ek is vandag – baie dankie.
Mamma het n goeie werk gedoen hoor!

Wens nogsteeds ek kon soos mams fluit
Tot voeltjies kon ma mimick! Oe hoe daardie buurt kuiers onnodig kort geknip was!

Ek mis dat ma nie in die ander kamer beskikbaar is nie
Voel aaklig dat kommunikasie tot mobiele toestelle verminder is. Omstandighede en lewe is glo rof. Maar wanneer ons die tyd saam spandeer : WONDERS.

Mooi naels is mooi, wanneer jy dit kan bekostig
Maar dit is nie altyd moontlik nie. Maak net seker jou naels is dan altyd netjies.

Skoene!!
Bly altyd pragtig. En nog n paar is altyd welkom.

Ek onthou ekt moontik Ma se hart al laat staan… ‘n paar keer
Sonjador – toets rit harstaanskudding. (Hahahaha)
Ek was baie gelukkig want ek hoef toe nie AFR hoof vraestel te geskryf het nie.
Romancista – Toets rit en my val – rol oor my nek.

Ma is altyd daar
En ek weet dit. Die feit dat Mams altyd daar sal wees om te luister en raad te bied.

HARDKOPPIGHEID…

Hip and happening
IT bedryf het veroorsaak dat ons voor in tegnologie in die begin was [blykbaar]. Noggals n interesante feit.

Mooi huis
Weet nie hoe ma dit kon reg kry nie, maar ek het in een huis groot geword vir meerderheid van my lewe, en ek kan sover net droom om so iets te kan besit om vir my eie te kan bied … eendag. Ma is my inspirasie om hard te werk vir wat ek wil he, want die lewe en mense skuld my niks.

Die is natuurlik nie als nie
Maar mamma kry die punt. Hou ma self veilig en gesond asseblief.
My kinders moet van my leer by ma, en ek selfs het nog baie tyd met mamma nodig.

.

Mams is my alles.
SA-LOOoooooOOO-MIEEE!
Jou Dogter – Ruejean Kotze
14.05.2017.

English version (in progress) :

Mom, to have raised and cherished me You had been the perfect one for the job – without a doubt. I’m finding myself already teary-eyed and we’ve just gotten started! . There’s so much to think about! A lil summarized paragraph will be a waste of both of our time. So Mom, get comfortable. Refill that wine glass, and take your time with this.

Now
Thank you. Thank you for everything you’ve done for me, what you still do, and for what you will be doing for my family one day in the future.
It’s only been 2-3 years since being in the ‘big world’, and generally speaking, it had been difficult keeping head above water. Difficult – but doable, thanks to all the lessons you taught me in the past 25 1/2 years.
It’s sad that you live far away, and that a visit needs to be prearranged and planned. Not to mention how our weekly communication seem as if conveying Weekly Check-up Reports due to limited time availability, rather than intimate meaningful discussions. Our time we do get to spend together – we get to cherish more though. And even though the distance is physically there, I carry Mom’s love with me every day.

If a job’s worth doing – it’s worth doing well
Work hard for what you want in Life, and do it properly!
Work that can be traced back to me need be in mint quality, to ensure those who know me are proud.
When resolving things properly at the first attempt, you allow yourself to save time and do other things.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *