| s t i l t e |

| s t i l t e |

|Hunter Kenedy >stilte< 🎵

English translation at the end.

Grense is lyne op padkaarte en breine.
Menseis gedagtes met gesigs uitdrukkings.

Jou taal is die klank wat jou vriende maak.
Waar jy groot geword het bestaan nie meer nie.

Verlore kinders moet loop en leer, en werk om van verlede en ontdekkingslus te bekeer.

Grense verdedig hart en land, maar hart is hard, en land is land; en Afrikaans is Afrikaans, maak nie saak waar in die wêreld jy jouself bevind nie.

Oralste op verkere paaie ry duur motors met moeë gesigte in onderlangs bang-lam pale wat op verstreurde doodloop strate skyn, met hartseer bankkaarte wat by leë banktellers na genade vry. En deurmekaar selfone, wat langdradig kopsere wakker lui.

Lewe ons verby sinister advertensieborde, en sien die tergende nuus koerant opskrifte, en mekaar.

Oralste op verveelde TV’s wat hartseer bangmaak beelde vlikker.
Op oorgewig sitkamer-stelle bou ons verleë aan hoop, om eendag hier iewers ‘n prentjie mooi huis by die bank te kan koop.

In die druk verkeer en die briesende wind,
by die diep see wrol met sy moord-neigende reën,
Bo die kenseskuur uit- wat versadigde lokasies spoeg,
Besef ek dat ons net sotte in ‘n resies is, wat versot verbymekaar spronge tree.

Ons is maar pens en pootjies, en ons maak net meer. Oor die lang termyn, stel ons net teleur.
Ons is maar wild, verwildere goed, wat die waarheid in die wildernis soek.

Wat ek soek kan nie aan my verkoop word nie,
wat ek soek is verniet.

Dis om huis toe te wil kom.
Dis om ‘n koue bier te geniet en die mooi dag in sy moer te stuur.
Dis om veilig binne te kan wees as die wind hard huil, en die koue reën daar buite is.
Dis om te weet dat daar mense is wat jou sal af help as jy op jou perdjie spring, en jou sal op helps as jy aanjaag; en jou uitlaat as jy wil gaan laat verken.
Dis om uit jou buik uit te kan lag, en dit te bedoel.
Dis om te weet wat jy soek.
Dis om te sing tot dit pyn,
en te kan huil voor jou vriende.
Dis om te dink jy weet wie jy is, en te aanvaar dat jy meeste van die tyd die pot mis sit.

Jou land is waar die son op kom en weer gaan sak.

Ons is ruimtevaarders, auto-mechanics, drop-outs en dokters.
Ons is strokiesprent- helde, bogger-ops, seuns en dogters.
Ons is miljoenêrs en presidente, rockers en rugby-spelers, gelowiges en besetines.

Ons almal is.

Mense het hul grense self uit gedink.

|Hunter Kenedy >stilte< 🎵

Boundaries are lines on road cards and brains.
People are thoughts with face expressions.

Your language is the sound your friends make.
Where you grew up, no longer exists.

Lost children must walk and learn, and work to repent from past and exploration.

Borders defend heart and country, but heart is hard, and country is country; and Afrikaans is Afrikaans, no matter where in the world you find yourself.

Everywhere on wrong roads drive expensive cars with tired faces in underneath bang-lamb poles shining on disstained dead-end streets, with sad bank cards freeing at empty bankers to mercy. And confusing cell phones, which are long-graded headaches awake.

Live our past sinister ad boards, and see the teasing news newspaper headlines, and each other.

Everywhere on verveelde tv’s that sad bangmaak images vlikker.
On overweight lounge sets we build embarrassed hope, to be able to buy a picture beautiful house from the couch here somewhere.

In the pressure traffic and the breeze wind,
At the deep sea roll with its murder-trending rain,
Above the censorship-spitting saturated locations,
I realize that we are just fools in a race, who adore jumping past each other.

We are but pens and paws, and we just make more. Over the long run, we just disappoint.
We are wild, wildly good, who seeks the truth in the wilderness.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *