Ek kon beter

Ek kon beter

English translation at the bottom.

Ek kon beter gedoen het, want ek ken mos van.
Maar ek weet tog self nie wat om te doen, om beter te voel nie.
Met gedagtes van wat’s fout , tot drome van wat kon wees.
Sou wees. Wou wees tot nou. En wat tog anderste kan uitdraai vir mÔre.

Met verwagtinge wat soms meer gereeld die rede is vir vassit, hoe dan nou beter as om net te laat gly? Veg ‘n ander dag, net nie nÓu nie.

Tone Vorentoe – soontoe, ek dink.
Iets moet mos daar wees. Daar is mos iets om te ontdek, iewers as jy aanhou soek.

MÔre is nog ‘n dag om jou kop op te verloor; indien jy dit toelaat.
Versigtig wees vir te besig wees, en hê respek vir daai stilte.

Dis ‘n lang pad wat voor jou lê. Al voel jy vas, al voel jy hoe alleen.
Jy’s daar vir jouself.

Onthou dit.

RJ

I could have done better, because I know better.
But I don’t even know what to do to make myself feel better.
With thoughts of what’s wrong, to dreams of what could have been.
Would be. Wanted to be until now. And what else can turn up for tomorrow.

With expectations sometimes more often the reason for being stuck, how better now than just letting go? Fight another day, just not now.

Toes Forward – in that direction there, I think.
Something must be there. There should be something to discover, somewhere – if you keep looking.

Tomorrow is another day to lose your mind, if you allow it.
Be careful of being too busy, and have respect for the silence.

It’s a long road ahead of you. Even if you feel stuck, even if you feel alone. You’re there for yourself.

Remember this.

RJ

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *