Alewig die een wat met onskuld, onwetend, te goed is vir haar eie wil.
Met gange vol toe deure, is dit moeilik om die ware verhaal agter verleë motiewe te ontleed.
Jare, is wat dit gevat het om tot hier te kom.
Die swaar erkenning van eensaamheid; gelei deur die keuses van die verlede.
Wat ek sê, word nie na geluister nie.
Daar’s geen begrip tot die woorde en hul gesproke konteks / intensies/ betekenis nie.
Verdwaald, wonder ek deur die gange opsoek na enige herinnering van ‘n beknopte benoude geskiedenis.
Ek wik en weeg die skaal tot my menswees (karakter)
en besef,
nie volledig nie, net ‘n stukkie van,
ek as gebroke siel, is dalk bedoel vir ‘n moeilike pad.
Ek’s anders, en dis oraait.
My identiteit wil nie meer in ‘n boks gedruk word nie.
Ek’s besig om my kop (en myself) te verloor om dit te volhou.
Minwetend of denot, daar’s net só veel stukkies.
Van te veel dink, van te veel voel,
van te goed wil wees vir ander teenoor die nalatigheid van my eie wese.
Van te veel omgee, te veel wil leer ken, tot te veel onredelik bewonder,..
Het gelei tot die onvermydelike vernedering en onttrekking van die uiteindelike siel.
Mensdom met hul padkaarte en norms verskeur die (individue) van elders.
Daar’s oomblikke van stilte, waar eintlik ‘n oorlog geskied agter dié oë.
Met gereserveerde uitbarstings van die ware ek dalk net tot ‘n beperkte gehoor,
‘n spesifieke omgewing, ‘n oomblik van veiligheid.
Ek bewe, van angs en opgewondenheid.
Nie meer, ‘Nie vir my nie.’
Die skaal mag maar bietjie in my guns getrek word elke nou en dan ook.
Al gebeur dit skaars, of soos nooit.
Met gedagtes erger geskommel as ‘n Sterriestampie,
is die keuse darm definitief.
Ek het sóvêr op my eie gedwaal, ek mag net sowel ‘n bietjie meer grasie en liefde tot myself bied.
Ek’s in elk geval alleen, en al een wat alewig té veel doen, te hard werk,
te oulik, onskuldig of vriendelik,
te krities, te gedetailleerd, te anders.
Tog, met ‘n glimlag hou ek jou aan groet, met hoop vir eerlike Praating.
Al is die lied in my hart gereeld ‘n vals gebroke mineur klavier melodie,
ek hou aan die klavers streel.
Die deuntjie móét uit.
Tyd het al vroeg my geleer, jy word niks in die lewe gegun nie.
Soms, is jy al een waarop mens kan staat maak.
Soms, meer gereeld as ander, is jy
alleen.
Ruejean – 17/10/2021 – Sunday
