Blog | Studio | Inspire | Collaboration | Lifestyle & Design
Die Kruispad van Keuses
Die Kruispad van Keuses

Die Kruispad van Keuses

Hou moed

Ek was nooit ‘n gunsteling nie,
al probeer ek nog hoe-hard.
Mense met hul eie wyse gedagtes,
vermorsel deur opinies regoor.

Ek was nooit ‘n gunsteling,
dalk was dit omdat ek altyd my werk doen,
en goed ook.
Sodoende, het ek dalk ‘te hard probeer?’

Dalk het my malligheid begin sin maak,
en dit het jou bang gemaak.
Jy bedoel dit dalk nie, maar jou aksies
het al gate in my vlerke probeer spyker.
Te pragtig en uniek
om die wêreld self te beleef.

Wat maak die seerste?
Teleurstelling, of ongeloof in wat jy in staat is?
‘n Hap van ‘n goue wortel, of jou eie weg met gate in jou skoene?

Die bitterpil is moeilik om te sluk,
wanneer ‘n kruispad voor jou neer geforseer word.
‘n Keuse, altwee met waardevolle reaksies.

Daar is nog altyd iets van my
wat jou kielie.
Ek was nog nooit die gunsteling nie,
maar tog, ek bly hard probeer.
Tog met elke mens en hul wyse gedagtes,
bly ons versmorselde individue in ‘n wêreld van moontlike glans.

Wanneer doen mens iets té goed?
Wanneer lyk mens té goed?
Wie bepaal wat is goed en wat is sleg met genoeg oorvloed van konteks?
Wie is ons om ‘n ander te oordeel van ‘n afstand af?

Ek was nooit ‘n gunsteling nie.
‘n Rebel.
‘n Harde werker.
Vrek goed met sport.
‘n Groot hart en mond vir woorde.

Tog, bevind ek die wêreld geisoleerd.
Met bloed vêr van die mik af,
en vriende verstaanbaar besig.
Skaak mat.

Wie’t gesê die lewe is regverdig en maklik?
Van Kain en Abel,
tot Romeo en Juliet,
dis nie allerdaags so eenvoudig soos in stories nie.

–Erkenning met moed. Verwys na verdraagsaamheid


Ek weet hoe, want my lewe as voorbeeld toon harde werk bring mens iewers.
Vir ander lyk dit maklik, soos almal stories opmaak van wat hulle oplet.

Soos met elkeen van ons, is daar oomblike van genot, groei en ander kere hartseer. Daar is dae ek glo momentum neek met ons almal rond – en met omstandighede wat altyd verander – is dit waarvan ‘jy gemaak is’ wat op die uit einde saak maak.

Ek sit my alles in met wat ek doen, doen jy?

By die werk, werk ek my gat af.
Almal dink ek’s die golden gal en diep in ** op gedruk.
Om by my eie standaarde to probeer by hou, put ek myself uit.
Tog dink die span ek sit en lyk mooi.
Ek doen dit goed, want my ouers en op Uni het ek goed geleer.

Ek het nie noodwendig vriende waanatoe ek vent nie,
en daar’s niemand daar buite wat doen wat ek graag wil nie, so daar’s geen voorbeeld om te volg nie.
Ek’s besig om nuwe weg te probeer vind.
En, het nooit geglo dit gaan maklik wees nie.
Dit was nog nooit nie.

**

–Vooroordeel–

As mens so gou is om standaarde en verhale te beoordeel-
wat meer sê dit dan van jouself?
Versigtig, om op te treë as of julle weet wat aangaan.
Julle sien net wat julle wil.
Julle sal glo wat julle wil.
Julle keuses bly julle sin.
Sowel, as julle opinies.

Ek’t soveel gegroei as mens, dit breek my hoe jul jarre se waarde besmet in jul persoonlike realiteite.
Plaas kom gesels julle, en hoor meer uit oor drome en maniere vorentoe.

Ek is in ‘n veld met wolwe, ek dog ek ken.


My kunswerke is hier, julle weet waar om dit te kry.
Dis wel die laaste, dat ek dit op ‘n skinkbord bied.
Met persoonlike verkeerde intensies, was daar van verdraagsaamheid geminag,
waar die donker-kuns vele meer as net dit geinsinueer word.
Doen julself ‘n guns, en gaan lees dit weer deur,
maar dié keer, weet dit gaan oor jou.

**

Die dag van ‘n belangrike keuse is hier, en afhangend die span vir wie jy speel,
sal bepaal hoe jy oor dié gesprek voel.

Dis meer ‘n skeur van seer en ongeloof;
waar die woorde vandaan kom, my helemal ontgaan.
Dalk teleurstelling,
sowel as nuut verhitte motivering om nóg beter te kan doen.
Daar bestaan nie ‘n perfekte lysie om ‘sukses’ te behaal nie.
Om die perfekte lysie te bepaal, bevestig nie ‘n definitiewe resultaat nie.
Dis wat jy daagliks doen, wat mense se môre verryk.

Tog, hou jul aan kyk na my lewe deur ‘n ander tipe verkyker.

Ek moes self my storie skryf en hard deurdruk.
Moet nie vergeet – meeste van die tyd het jul my nie verstaan nie.
Maar tog, wat okal ek gedoen het, het ek goed gedoen.

–Voordele en Nadele

Ek’s op my prime, en hier wil julle my droom resultaat af forseer.
Ek voel goed, en lyk mooi,
julle sien ‘n sieklike.
Kan julle nie eerder trots wees nie?
**
Ek sou die boodskap net hier los, maar, kannie…

Ruejean Kotze, is ‘n meisiekind wie se kop nie altyd reg gesit het nie. Sy was te gemaklik in die skare, te goed in akademie, en ‘n superstêr op die sportsveld; en helemal te góéd vir haar eie wil. Tog was sy alleen, gespot, onpopulêr, hardwerkend, en besig-stil.

Julle kul my nie – ek weet ek is anders en moeilik om te handle.

Sy’t nooit van haar lyf gehou nie. Tog, kon sy als onder die horizon vreet sonder gewete.
Te legher om te kon eet.
Te vreemd, om saam almal te lag en drink.

Universiteit kom, en met ‘n bang ontwikkel die komplekse denkwyse.
Meer insig en dieper betekenis van, en nóg.
Te eenvoudig was daardie dae,
teenoor die moderne werksplek en firma in spel.
Wanneer daar tersprake kom van identiteit -en ‘n merk los…
daar’s al sterk gedagte daar agtergelaat, vir ‘n ander dag se stories.

Ek mag dalk ‘n groot klap van die hand van nederigheid ontvang het,
maar ek’t wraggies dankbaarheid, en waardering vir tot hoe vêr ek al gekom het.
En vir wie Ek is.
Die hardkoppigheid is wel dalk te danke aan die Erasmus en Kotze Bloedlyn – wat mens nog sal leer om te respekteer.

Julle besluit, na hoe julle na vir wat okal kyk.
Ek is hier vir enige vrae, en geniet om te gesels.
Geheue kul mens tot ‘n droom ( wees versigtig tot sy herhaling.)
Stories gemaak en geglo – maak sprokies verhale op hul eie.
Skryf op die mure, en nie op jou vel nie.
Tog, sien julle nie die potlood en penmerke binne elke joernaal op die boekrak nie.
Julle sien net wat julle wil raak sien.

Daar bestaan ‘n Yin-Yang vir ‘n rede.


Wees versigtig om kuns uit konteks te ontleed, en jou eie waarhede daarmee te verbind.
Dit is pragtig om jou eie betekenis met goeie intensies daaruit te ontleed, maar om jou realiteit daarop te forseer is nie.
Donker-wonder-woord kuns bestaan vir ‘n rede. En is nie vir almal bedoel nie.
Wees versigtig hoe jy oordeel.

Net omdat julle kies om nie daarna te kyk nie, beteken nie dit bestaan nie.
My woorde al is hul soms te sterk vir die verbeeldingloos – soms te swak vir die vele kunswerke daar buite…
moet wel gespreek word sodat nie net ek hulle hoor nie.

Noem my hardkoppig,
of moerslim
of bly by mal.
Weet net, wat okal jy my noem, jy ken my nie.

Met ‘n gestruikel van emosie tussen woede en seer,
verstaan ek tog,dat ‘n prinses in jul oë gered moet word.
Wees wel versigtig dat jul manier van dit doen nie die kamer in die toring behels,
en julle dan met die deur se sleutel in die hand opeindig nie.

**

Met moed–

So – nou’s ons hier.
Ek wat uitkom en sê ek waardeer nie die agter-rug bespiegel ter waarde van my lewe en keuses nie.
My integriteit is meer werd as dit. My ouers se moeite ook.
Verander jou perspektief oor my, en kom geniet eerder ‘n glasie gin met goeie geselskap.
As jul nuuskierig is, vra.
As jul wil help, dan vra hoe.
Bou waardering om my as mens te leer ken, elke nuwe dag.

Ek is baie lief vir julle, en dankie vir die omgee.
Hou op om die 30jaar moeite só te onderskat.

En, indien iemand julle elders wil laat glo oor dit
v o k h u l l e.

03/03/2021 – Ruejean Kotze
‘n Dogter, ‘n Suster, ‘n Span maat, Binne- Argitek, Verkoops-konsultant, Perdruiter, Perd-eienaar, Vlinderkop, met ‘n donker-kant.

AURORA – Running with the Wolves (Acoustic)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *